|
Paul en Jannie Kotze van De Panne naby Moorreesburg
boer al 21 jaar met rooi en swart Angusse.
In die jare toe hy begin het, het almal maar meesal
beeste aangehou om gemelk te word. Maar Paul was opsoek na 'n goed
aangepaste vleisbees vir die Swartland. Hy het navorsing gedoen opsoek
na 'n geskikte vleisras. Hy het besluit dat Angus vir hom die nodige
antwoorde gee. Die rede is ooglopend. Dis 'n baie geharde, poenskop ras,
met gemaklike kalwing wat goed aanpas in enige omgewing en amper enige
ding vreet wat hulle omsit in top kwaliteit vleis.
Die Angus is wereldwyd bekend vir die besondere
vleiseienskappe en goeie uitslagpersentasie. Paul was nog nooit spyt nie
en is baie trots op sy De Panne Angusse.
Baanbrekers soos hy het die ras in die Wes en Suid
-Kaap bekend gestel. Die ras se getalle ontplof nou letterlik in die
gebied. Groot pryse word deesdae vir Angusse betaal.Die Wes en Suid-
Kaap Angusklub bestaan nou reeds ongeveer 17 jaar en staan tans
sterk.Hulle skou graag saam en bied inligtingsdae aan. Die klub het
reeds 201 lede. Daar is reeds meer as 8 000 Angusse in die Wes-Kaap. Dit
is volgende jaar die klub se voorreg om die Nasionale Angus
kampioenskappe tydens die Swartland skou aan te bied. Hulle bied ook
vanjaar hulle derde Suid en Wes-Kaap Angus veiling op 24 Julie Boland
Lanbouskou aan. Die vorige twee veilings was baie suksesvol. De Panne is
ook deel van die Swartland Veeboer vereniging wat jaarliks vir die
afgelope 21 jaar aangebied word. Daar is tans 'n groot en steeds
groeiende vraag na Angusse.
Paul en sy seun Jannie is besig om koring te plant.
Verder plant hulle ook Canola, hawer, om hooi en kuilvoer te maak.
Vir wisselbou plant hulle ook lupine en 'n
meerjarige klawer, Merics. Dit verskaf lekker weiding vir skaap en bees.
Behalwe vir die Angusse hou hy nog skape ook aan.
Paul het 'n rooi en swart kudde wat hy heeltemal
apart bedryf. Hy maak gebruik van kunsmatige inseminasie op al sy koeie
en selekteer net die beste semen van Amerikaanse en Kanadese bulle. Hy
glo daarin om elke koei presies te paar met 'n bul wat haar eienskappe
in die volgende geslag sal aanvul en verbeter. Hy kruis swart met swart
en rooi met rooi. Wanneer hy klaar ge-KI het, sit hy sy beste bulle by
om seker te maak geen koei slaan oor nie. Terwyl sommige telers hulle
swart Angusse inspan om ook rooi kalwers te teel, glo Paul daarin om dit
suiwer te hou.
Paul glo dat die tyd en plek reg is vir Angusse, 'n
baie besondere vleisbeesras.
|